Viljoen 1ste in Parkrun

Markus Viljoen. Foto: Garnett Wicomb

Deur Garnett Wicomb
DIE 16-jarige Markus Viljoen en Bianca van der Westhuizen was Saterdag die onderskeie wenners van Oudtshoorn Parkrun 214 met tye van onderskeidelik 20 min 0 sek en 24 min 9 sek.

Greens Groenewald (20:43) was die tweede mansatleet met die veteraan, Patrick Peters (20:48) in die derde plek.

Helen Prodehl (29:04) was die tweede vrou en Hestia Burger (29:09) derde.

Altesame 77 drawwers en stappers het Saterdag deelgeneem.

Die ander voorste hardlopers is as volg:
Eric Philpott (20:59), Daniel Raubenheimer (21:54), Hans Lareman (24:25), Leslie Abrahams (24:43), Johan Cartens (25:34), Janovan Kamfer (25:51), Bart Saaiman (26:14), Ronald Lareman (26:25), Angus Roberts (27:17), Henry Carstens (28:28), Abraham Hendricks (28:39), Rudolph Clench (29:48), Newald Groenewald (30:43) en Tersia Smuts (31:55).

Log in with your credentials

Forgot your details?