Versorgingsoorde kry geld

Teenwoordig by die oorhandinging van R10000 aan twee versorg­ingsoorde is van links Paul Stroebel (klubkaptein van die Oudtshoorn Gholfklub), Colleen Fourie (Bellinganhof), Charles Basson (Coronation) en Dawid Ruiters (Coronation), en agter van links Godfrey Malgas (president van die Oudtshoorn Gholf­klub) en Skillie Pretorius (Oudtshoorn Spar). Foto: Higgo Jacobs

Deur Higgo Jacobs
TWEE versorg­ingsoorde vir bejaardes op Oudtshoorn, Coronation Memorial en ACVV Helen Bellinganhof, het Saterdagaand elk R5000 van die Oudts­hoorn Gholfklub ontvang ná afloop van die dag se spel.

Dit volg na die baie suksesvolle geborgde dag van Oudtshoorn Spar verlede jaar op Saterdag, 13 Oktober, waaraan meer as 200 spelers deelgeneem het. Verskeie artikels is dié aand tydens die prysuitdelingsfunksie opgeveil. Hennie de Bod van Farm Assured Meats het tydens die geleent­heid ’n bottel wyn gekoop, dit teruggegee en weer gekoop. Hy het gevra dat die opbrengs hiervan ­­­(R10 000) tussen genoemde twee versorgingsoorde op Oudtshoorn verdeel moet word.

Suster Colleen Fourie, hoof van Bellinganhof, en Charles Basson, voorsitter van Coronation se beheerraad, het die gholfklub bedank vir die besondere skenkings en gevra dat almal moet saamwerk en hande vat om na die welstand van al die inwo­ners van Oudtshoorn om te sien.

Skillie Pretorius van Oudtshoorn Spar, wat die oorhandiging gedoen het, het vir Hennie de Bod geloof vir sy groot bydrae wat tot die sukses van 2018 se baie geslaagde gholfdag bygedra en die skenking van R10 000 moontlik gemaak het.

Log in with your credentials

Forgot your details?