Veiligheidspretloop ter nagedagtenis aan Sanet Wentzel

Sowat 60 atlete het Donderdag, 7 November, op die hoek van St Johnstraat en Jan van Riebeeckweg weggespring vir ’n veiligheidspretloop ter nagedagtenis aan Sanet Wentzel wat 10 jaar gelede op die grottepad gesterf het toe sy gaan draf het. Lampies Lamprecht, bekende in atletiekkringe wat betrokke is by die organisasie van die pretloop, sê die doel is om motorryers en voetgangers bewus te maak van veiligheid gedurende die komende vakansie, asook die noodsaaklikheid om padreëls en menselewens te respekteer. Foto: Higgo Jacobs