Union Stars weer bo-aan punteleer

Enverino Swartz wat 129 lopies geslaan het.

Deur Higgo Jacobs
Union Stars wat die afgelope naweek met ­Pioneers en Knysna in die SWD Premier-krieketliga afgeken het, het met dié oorwinnings weer die eerste posisie op die punteleer ingeneem.

In sy wedstryd Saterdag op Knysna teen Knysna Kavaliers het Stars eerste gekolf en het Enverino Swartz 129 lopies gemoker. Danksy sy honderdtal het Stars 253 lo­pies in die toegelate 50 boulbeurte aangeteken met nog 6 paaltjies staande.

Leroi Bredenkamp 38, Levano Nathan 27, Merlin Masimela 25* en Yamkela Oliphant 25 het elk- een goeie bydraes met die kolf gelewer.

Knysna Kavaliers kon daarna slegs 193 lopies op die telbord plaas. Dillon Nuys 4/40 en Merlin Masimela 3/24 was Stars se beste boulers. Stars wen met 60 lopies.

Union Stars het Sondag op Plettenbergbaai vir Pioneers met drie paaltjies geklop. Pioneers, wat eerste gekolf het, was almal uit vir ’n skamele 94 lopies waarna Stars die wenlopies geslaan het met nog 3 paaltjies staande.

• In nog ’n wedstryd in die premierliga het Harlequins Magte van Oudtshoorn die sterk span van Knysna Kavaliers met 54 lopies geklop.

Harlequins wat eerste gekolf het, kon slegs 106 lopies aanteken, maar dit was genoeg aangesien Knysna almal terug in die pawiljoen was vir slegs 52 lopies. Ronald Dirks het 5 paaltjies platgetrek en slegs 14 lopies in die proses afgestaan. Hy is goed bygestaan deur Rhupino Plaatjies met 3/24.

Log in with your credentials

Forgot your details?