Twee Oudtshoorniete vertrek om land te verteenwoordig by toutrek wêreldkampioenskappe

Twee Oudtshoorniete, Rayno Grundlingh en Johan Geyser, is lede van die Protea 560 kg-toutrekspan wat Sondag vertrek om die land by die wêreldkampioenskap in Ierland te gaan verteenwoordig. Rayno en Johan, leerders van die Hoër Landbouskool Oakdale, het as lede van hul skool se span die goue medalje in die 560 kg-afdeling by die SA Toutrekkampioenskap gewen waarna die hele span gekies is om Suid-Afrika te verteenwoordig. Oakdale het sedert 2005 Suid-Afrika al by nege wêreldkampioenskappe verteenwoordig en oor die jare vyf goue, twee silwer en een brons medalje ingepalm.

Log in with your credentials

Forgot your details?