Top juniors speel tennis op Oudtshoorn


Deur Garnett Wicomb
Altesame 130 jong tennisspelers, onder wie talle wat hoog op Tennis Suid-Afrika (TSA) se ranglyste vir juniors is, het die naweek op Oudts­hoorn aan die Eden Sport Centre Mini 4-tennistoernooi deelgeneem.
Die toernooi, waartydens juniors hul posisies op hul ouderdoms­ranglyste kon verbeter, het vir tennis uit die boonste rakke gesorg.

Volgens Lizelle Fourie van Great Tennis op George en organiseerder van die toernooi, was dit ’n baie ge­slaagde toernooi. Volgens haar word junior tennistoernooie in Eden altyd goed ondersteun omdat punte op grond van hul prestasie ontvang word. Die afgelope naweek se wedstryde is op die bane van die Wesbank Tennisklub en Langehoven Gimnasium gespeel. Die volgende toernooi vir juniors in die Eden-distrik is in Oktober op George.

Be the first to comment on "Top juniors speel tennis op Oudtshoorn"

Leave a comment

Your email address will not be published.


*