Thysses, Lipstick wen

DIE wedvlugduiwe van Willie en Suyen Thysse en Lipstick Hokke was Saterdag weer die wenners in die Oudtshoorn Duiweklub se twee wedvlugte oor ’n afstand van 343 km vanaf Britstown.

Die uitslae in die ope-afdeling is: Lipstick Hokke – 1, 6, 8, 10, 12, 14 en 16; Thysses – 2, 3, 5 en 9; Ockie en Abe – 4, 13, 15 en 18; Night Drops – 7, 17, 19 en 20; en Kobus Barkhuizen – 11.

Die Jaaroudduiwe-uitslae is: Thysses – 1, 3, 9, 11, 12, 13 en 20; Lipstick Hokke – 2, 4, 5, 6, 8, 15 en 18; Ockie en Abe – 7 en 19; Barkhuizen – 10 en 16; en Night Drops: 14 en 17.

Log in with your credentials

Forgot your details?