Thysses en Night Drops wen vanaf Prieska

DIE wedvlugduiwe van Willie en Suyen Thysse en Night Drops het Saterdag die Oudtshoorn Duiwe-klub se twee vlugte vanaf Prieska oor ’n afstand van 435 km gewen.

Die jaaroudduiwe is om 08:00 in Prieska losgelaat en die wenduif was om 12:30 veilig terug in die hok!
Uitslae – ope-afdeling: Thysses – 1, 3, 5, 7, 13, 14 en 20; Kobus Bark-huizen – 2 en 18; Lipstick Hokke – 4, 9, 10, 12, 15, 16 en 17; Night Drops – 6, 8 en 19; en J en Z Hokke – 11.

Uitslae – Jaaroudduiwe: Night Drops – 1, 2, 3, 9 en 12; Thysses – 4, 6, 13, 17 en 20; Lipstick Hokke – 5, 14, 15 en 18; J en Z Hokke – 7, 10 en 11; en Barkhuizen – 8, 16 en 19.