Thysse se duiwe wen

DIE hokke van Willie en Suyen Thysse het weer Saterdag die wenduif opgelewer in die Oudtshoorn Wedvlugduiweklub se ope-vlug vanaf Drie Sus-ters. Lipstick Hokke het die vlug vir die jaaroudduiwe gewen.

Die volledige uitslae in die ope-afdeling is as volg: Thysses – 1, 6, 7, 10, 11 en 18; Lipstick Hokke – 2, 3, 4, 12, 13, en 20; Ockie en Abe – 5; J en Z Hokke – 8 en 15; Night Drops – 9, 17 en 19; en Kobus Barkhuizen – 14 en 16.

Uitslae vir die jaaroudduiwe:
Lipstick Hokke – 1, 14, 15, 16, 17 en 18; Kobus Barkhuizen – 2 en 3; Night Drops – 4, 5 en 11; J en Z Hokke – 6 en 8; Thysses – 9, 12, 13, 19 en 20; en Ockie en Abe – 10.