Tennisjaar met toernooi afgesluit

Garnett Wicomb jr (links) wat De Villiers Botha in die laaste wedstryd van die dag geklop het om eerste in sy groep te eindig. Foto: Garnett Wicomb

Deur Garnett Wicomb
DIE tennisafrigters Christine van Coller en JK Koch het Maandag en Dinsdag, 3 en 4 Desember die jaar se tennis afgesluit met ’n tennistoernooi op die bane van Langenhoven Gimnasium.

Op die eerste dag was dit die 3- tot 6-jariges wat meegeding het met balvaardigheidspeletjies ge-kombineer met tennis.

Daarna het die rooibaltoernooi wat oor ’n drie-kwart tennisbaan gespeel word, plaasgevind. Altesame 42 kinders het aan dié twee toernooie deelge- neem en dit volgens Van Coller baie geniet.

Op die tweede dag het altesame veertig groter kinders in vier groepe om medaljes meegeding.

“Die jaar is met goeie gees en sportmanskap afgesluit en ons wil graag ons dank teenoor al die ouers uitspreek vir hul ondersteuning en dat hulle hul kinders aan ons toevertrou het vir afrigting. Ons sien uit daarna om die kinders volgende jaar steeds ’n liefde vir die sport te leer,” het sy gesê.

Log in with your credentials

Forgot your details?