Tafelronde-gholf lok 80 spelers

André Plaatjies (links) en Selwyn Amsterdam (regs) was Saterdag die wenners van Oudts-hoorn Tafelronde se geborgde gholfdag. Hulle het elkeen ’n opgesaagde lam gewen. By hulle is Laurie Boshoff, voorsitter van Oudts­hoorn Tafelronde. Boshoff is van Supa Quick wat die hoofborg van die dag was.  Foto: Higgo Jacobs

Deur Higgo Jacobs
DIE Tafelronde van Oudtshoorn se geborgde gholfdag Vrydag, 9 Augustus, waaraan 80 spelers deelgeneem het, was volgens die voorsitter, Laurie Boshoff, in alle opsigte ’n groot sukses.

André Plaatjies en Selwyn Amsterdam was met ’n telling van 51 punte die wenners van die dag waar spelers vanaf elke bof kon “scramble drive” en dan die beste afslaan kies.

J Dalton en Leon Jacobs (49 punte) was tweede gevolg deur Francois-André Beets en sy oupa, André van Greu­nen (47 punte), Daniel Boks en J van der Westhuizen (46 punte) en Louis Fourie en Rudi Mortlock (45 punte).

Francois-André het op die 3de putjie die naaste aan die pen geslaan, J Terblanche op die 8ste en Hannes Oosthuizen op die 12de.

Francois-André het ook ’n spogtwee op die 15de putjie ge­slaan, Terry van Coller was met twee houe die naaste aan die pen op die 18de, en ook die naaste aan die merker op die eerste putjie.

Llewellyn Rheeder het die langste dryf op die 7de putjie geslaan G. Josephs op die 10de en Corné Mulder op die 13de putjie.

Log in with your credentials

Forgot your details?