Stadion volgepak vir SuperSport-eindstryd

Jeandre Rudolp (links), oopkantflank en kaptein van die Pumas, ontvang sy toekenning as Speler van die Wedstryd in die eindstryd van die SuperSport Rugby Uitdaagreeks wat Sondag op die Bridgton Sportgronde op Oudtshoorn beslis is. Pumas het die wed-stryd teen Griekwas  in die laaste minuut met ’n skepdoel ge-wen. Die eindtelling was 32-30. Rudolph is ’n oud-leerling van  van die Laerskool Wesbank en die Hoër Landbouskool Oakdale. Hy woon nou in Mbombela (Nelspruit) waar die Pumas hom gekontrakteer het.

MEER as 10 000 toeskouers het Sondag die Bridgton Sportstadion op Oudtshoorn volgepak vir die eindstryd van die SuperSport Uitdaagreeks wat daar plaasgevind het.

Hennie Baartman, president van die SWD Rugbyunie, sê die feit dat die Bridgton Rugbyklub in die hoofvoorwedstryd vir Progress van George,  verdedigende SWD Premierligaspan en huidige voorlopers in die liga, gewen het, is ’n stewige hupstoot vir rugby in die streek.

“Dit is ’n bewys dat Oudtshoorn in die toekoms dié prestige-toernooi met selfvertroue kan aanbied,” het hy gesê.

Volgens Baartman is die impak van sporttoeris-me op Oudtshoorn baie groot, en het die naweek dit bevestig. Sondag se rugby het boonop geleenthede vir entrepreneurs gebied om stalletjies op die Bridgton Sportgronde te bedryf, terwyl inwoners en besoekers gebaat het by toegang wat gratis was.

Baartman het die munisipaliteit bedank vir hul finansiële bydrae wat die dag moontlik gemaak het, en ook die media vir hul bydrae om blootstelling aan die byeenkoms te verleen.

Mario Jansen, afrigter van die Bridgton Rugbyklub, was baie trots op sy span se prestasie.

“Dit was ’n spanpoging, en Bridgton het nie soos soms in die verlede op individue staatgemaak om die wedstryd te probeer wen nie. Dit was ’n spanpoging en spreek boekdele van die kopskuif wat die spelers dié seisoen gemaak het.”

Log in with your credentials

Forgot your details?