Spring Roses Rugbyklub wen naelskraap teen All Blacks

Morné Basie, agtsteman van Spring Roses Rugbyklub, duik met All Blacks-verdedigers wat naarstiglik probeer keer oor die doellyn vir ’n drie in Saterdag se SWD Presidentsligawedstryd (Karoostreek) tussen die twee spanne op die Bridgton Sportgronde. Spring Roses het die taai wedstryd naelskraap met 31-28 gewen nadat hulle rustyd 17-14 voor was. Albei spanne het vier drieë gedruk, maar Spring Roses was meer suksesvol met die skopskoen. Hoewel Spring Roses Saterdag se wedstryd gewen het, is All Blacks steeds ná nege wedstryde voor op die SWD-punteleer met 40 punte. Spring Roses het ná tien wedstryde 37 punte. Foto: Ebenezer Titus

Log in with your credentials

Forgot your details?