Speke sing die naweek

Deur Higgo Jacobs
fietsryers kan die naweek uitsien na twee groot fietsrenne in die Klein Karoo, een ’n berg-­fietsren en die ander ’n padfietsren.

Die Ladismit Kaas/7Weekspoort Bergfietsren begin Saterdagoggend in Amalienstein tussen Ladismith en Calitzdorp, en die Timbercity Fiets­toer wat jaarliks in gewildheid toeneem, begin en eindig Sondagoggend voor Brian’s Grill in Baron van Reedestraat op Oudts­hoorn.

Die Timbercity Fietstoer wat deur Eden Fietsry-vereniging aangebied word, vind vanjaar vir die 8ste keer plaas. Die wegspring is Sondagoggend om 07:30 voor Brian’s Grill.

Die roete volg dan die pad na die Kangogrotte en die Swartbergpas, deur Matjiesrivier en weer terug na Oudtshoorn waar dit weer voor Brian’s Grill eindig.

Deelnemers het die keuse van drie afstande om te ry, naamlik 30km, 57km en 104km. Die 104km-wedren dien as kwalifiserende ren vir die Kaapstadse Fietstoer (voorheen Argus) wat later vanjaar in Kaapstad plaasvind.

Die direkteur van Cape Town Cycle Tour Trust, David Bellairs, neem Sondag soos in die verlede weer deel aan die Timbercity Fietstoer.

Anriëtte Schoeman, vrouewenner van onder meer 2017 se wedren, het reeds aangedui dat sy Sondag haar titel gaan verdedig.

Volgens Corné Bence, president van Eden Fiets-ryvereniging is daar min padfietsrenne in die Suid-Kaap. Daarom is hy baie tevrede met die meer as 350 inskrywings wat verlede jaar se ren gelok het.

Navrae oor die wedren kan aan Bence by 0718863786 of by bence.corne@gmail.com gerig word.

Die Ladismith Kaas 7Weekspoortbergfietsren vind vanjaar vir die sestiende keer plaas en word deur Dryland Events Management georganiseer.

Meer as 1 000 deelnemers word vanjaar by die bergfietsren verwag.

Daar is drie afstande om van te kies, naamlik 85 km, 43 km en 39 km. Al die deelnemers spring vanaf 07:30 voor die Lutherse Kerk in Amalienstein weg.

Die roetes lei deur die skilderagtige Seweweeks­poort en eindig by die Shalom Academy op Ladismith se skougronde.

Vir navrae kontak Drylands Events Management by info@dryland.co.za.

Log in with your credentials

Forgot your details?