Slabbert en Smal kraai koning

Louis Slabbert (regs) en Hannes Smal (naasregs) wat die Oudtshoorn Besigheidskamer se geborgde gholfdag gewen het. By hulle is Marita Bouwer (naaslinks) van Slabber & Slabbert (naaslinks) wat die dag geborg het, en Johan Cornelissen, klubkaptein.   Foto: Higgo Jacobs

Louis Slabbert (regs) en Hannes Smal (naasregs) wat die Oudtshoorn Besigheidskamer se geborgde gholfdag gewen het. By hulle is Marita Bouwer (naaslinks) van Slabber & Slabbert (naaslinks) wat die dag geborg het, en Johan Cornelissen, klubkaptein. Foto: Higgo Jacobs

Deur Higgo Jacobs
DIE wenner van die Oudtshoorn Be-sigheidskamer se 4BBB-stableford op Woensdag, 7 Maart, op die plaas-like gholfbaan is op ’n uittel bepaal deurdat die beste vier spanne elkeen 48 punte aangeteken het.

Louis Slabbert en Hannes Smal was die wenners met Bennie van Zyl en Dwayne Venter tweede, Hannes Oosthuizen en Deon van Dyk derde en Pieter du Plessis en Sarel Fick vierde. Johan Cornelissen en Deon Barnard was met 45 punte vyfde.

Jaco Mortlock en Clement Rex het op die 3de putjie die naaste aan die pen geslaan en Niel Truter en Bar-nard op die 15de.

• Saterdag se individuele stableford is deur Chloé Malgas Kelpin met ’n telling van 45 punte gewen.
Terry van Coller was tweede met 40 punte en Lindi Brill, ook met 40 punte, op ’n uittel derde. Louis Fourie, met 39, was op ’n uittel vierde gevolg deur Paul Stroebel.

Malgas-Kelpin het ook die boerpot gewen en ’n spogtwee op die 3de behaal. Fourie en Theo Fourie het spogtwees op die 12de geslaan.

• Saterdag sal bekendes soos Theo-dore Jantjies van 7de Laan en die oud-Springbokvleuel Ashwin Wil-lemse in aksie wees op die plaaslike gholfbaan tydens die Eljada-Kairos Skool se geborgde gholfdag.

Die gholfdat is ’n vierbal-beterbal-stableford en die inskrywingsgeld beloop R150 per persoon.
Middag- en aandetes sal bedien word. Bettie kan by tel 044 272 4201 gekontak word vir meer inligting.

Log in with your credentials

Forgot your details?