Skillie wen met telling van 39 punte

Deur Higgo Jacobs
Skillie Pretorius het Saterdag die Oudts-hoorn Gholfklub se individuele stableford-gholf-dag met ’n telling van 39 punte gewen en in die proses sy seun, Pieter, met ’n enkele punt gewen.

Kobus Griebenouw en Winston Coerecius, wat soos Pieter ook 38 punte behaal het, was op ’n uittel onderskeidelik derde en vierde. Piet Swanepoel (37 punte) was vyfde.

Griebenouw het op die twaalfde putjie die naas-te aan die pen geslaan en ook die boerpot gewen.

Spogtwees is op die derde deur Llewellyn Rheeder, Chloe Malgas-Kelpin en Swanepoel ge-slaan. Swanepoel het op die agtste putjie ook ’n spogtwee aangeteken.

• Woensdag, 4 Julie, se klubkompetisie is deur Lollies van Rensburg met ’n telling van 40 punte gewen. Niel Truter (39) was tweede en Terry van Coller (37) derde. Francois Pretorius en Pieter Pretorius, albei met 35, was op ’n uittel vierde en vyfde.
Van Rensburg en Pieter Strauss het die boerpot gedeel. Aannelie van der Westhuizen het op die vyftiende putjie die naaste aan die pen geslaan en AO Theunissen het op die agtste putjie ’n spog-twee behaal.

Log in with your credentials

Forgot your details?