Rudi wen vleis met twee onder baansyfer

Die wenners van Saterdag se vleisgholfdag is van links Rudi Mortlock (wenner met twee onder baansyfer), Clement Rex (naaswenner) en Louis Fourie (derde). By hulle is Paul Stroebel, klubkaptein.  Foto: Higgo Jacobs

Deur Higgo Jacobs
Rudi Mortlock het Saterdag met goeie gholf die Oudtshoorn Gholfklub se maandelikse vleisgholfdag met ’n telling van 44 punte gewen.

Hy het slegs 70 houe nodig gehad om die 18 putjies te voltooi – twee onder baansyfer.

Clement Rex was tweede met ’n telling van 42 punte. Louis Fourie jr en Anton Kock, wat albei ’n telling van 39 punte aangeteken het, was onderskeidelik derde en vierde. Salie Oosthuizen (38 punte) was vyfde.

Die boerpot is gedeel deur Mike Broughton en Skillie Pretorius.

Morné Tome het op die 12de putjie die naaste aan die pen geslaan.
Marius Wilken en William Phillipus het elk ’n spogtwee geslaan.
Altesame 40 spelers het deelgeneem.

Log in with your credentials

Forgot your details?