Rudi wen met telling van 38

Rudi Motlock wat Saterdag se individuele stableford gewen het. Foto: Higgo Jacobs

Deur Higgo Jacobs
Rudi Mortlock was Saterdag met 38 punte die wenner van Oudtshoorn Gholfklub se individuele stablefordgholfdag waaraan altesame 44 spelers deelgeneem het.

Chris van Zyl was tweede met 37 punte.

Drie spelers, Dirk Kuhn, Gideon Badenhorst en Mike Broughton, elkeen met 36 punte, was op ’n uittel onderskeidelik derde, vierde en vyfde.

Die boerpot is gedeel deur Louis Fourie jr en Winston Coerecius jr.

Chloé Malgas Kelpin het op die 12de putjie die naaste aan die pen geslaan.

Verskeie spogtwees is geslaan: Billy Capel en Ockie Horowitz op die 3de, Marthinus Oosthuizen en Malgas Kelpin op die 12de en Pietie Mooney op die 15de.