Rowen-Kelly en Chloë 1ste by baldansproewe

Wenners van die junior afdeling by die naweek se Wes-Kaapse baldansproewe op Oudtshoorn, Chloë Britz en Rowen-Kelly Brinkhuys dans vir die kamera.

Wenners van die junior afdeling by die naweek se Wes-Kaapse baldansproewe op Oudtshoorn, Chloë Britz en Rowen-Kelly Brinkhuys dans vir die kamera.

Chloë Britz en Rowen-Kelly Brinkhuys by hul afrigter, Kay-Lee Brinkhuys (regs) en mede-afrigter Lizanne Ewerts.

Chloë Britz en Rowen-Kelly Brinkhuys by hul afrigter, Kay-Lee Brinkhuys (regs) en mede-afrigter Lizanne Ewerts.

Deur Ilze-Mari Gründling
’N JONG danspaar van die Eurythmic School of Dancing op Oudts­hoorn het die eerste plek in die junior afdeling verower by die Wes-Kaapse baldansproewe die naweek.

Rowen-Kelly Brinkhuys (12) en Chloë Britz (9) het dié prestasie op hul tuisdorp behaal. Die Wes-Kaapse baldansproewe is op 7 en 8 Julie as deel van die Oudtshoorn Sportfees in die saal van die De Jager Sportkompleks gehou.

Hulle gaan nou in Oktober vanjaar aan verskeie wêreldkampioenskapkompetisies in Londen deelneem.
Chloë en Rowen-Kelly is volgens Katy Britz, stigterslid van die Eurythmic School of Dancing, die eerste danspaartjie van Oudtshoorn wat oorsee gaan deelneem. Albei is leerders van Sacred Heart Primêr.
Britz sê die Eurythmic School of Dancing se groep was in die topdrie by die proewe.

Britz sê die jong dansers van die skool is baie na aan haar hart.

“Dit is verbasend hoeveel kinders talente het wat ander nie raaksien nie.
Ek is veral trots op Rowen wat die beste danser in die Wes-Kaap in die seunsafdeling is. Ek ondersteun hom ten volle.”

Britz sê Rowen-Kelly het ’n blink toekoms.

“Hy en Chloë werk en dans baie goed saam. Omdat hulle nog jonk is, sal hulle aan nog heelwat proewe deelneem.

“En dan sal hulle aan die groot wêreldkampioenskap volgende jaar deelneem.”

Log in with your credentials

Forgot your details?