Rheeder (39 punte) wen

Deur Higgo Jacobs
DIE Oudtshoorn Gholfklub se gholfdag is Saterdag deur Llewellyn Rheeder gewen met ’n telling van 39 punte.

Louis Fourie jr (38 punte) was tweede en Skillie Pretorius (37 punte) derde. Piet Swanepoel (35) was vierde en William Malgas (33) vyfde.

Die boerpot is gedeel deur Fourie, Pretorius, Swanepoel en Kobus Griebenouw.

Fourie het op die 12de putjie die naaste aan die pen geslaan en spogtwees op die 8ste en 12de behaal. Rheeder het ’n spogtwee op die 3de behaal.

Woensdag, 31 Julie, se gholfdag is deur Morné Tome (38 punte) gewen. Laurie Boshoff, ook met 38 punte, was op ’n uittel tweede.

Francois Beets (37) was derde, Marius Wilken en Leon Gouws, albei met 36 punte, was op ’n uittel vierde en vyfde.

Verskeie spogtwees is behaal: Jurie Neethling op die 3de, Billy Capel op die 8ste, Tome op die 12de en Wilken op die 15de.

Die boerpot is deur Tome gewen.

Chris Odendaal het op die 8ste putjie die naaste aan die pen geslaan.

Log in with your credentials

Forgot your details?