Rex wys slag met vleisdag

Clement Rex (links), wat Oudtshoorn Gholfklub se vleisgholfdag gewen het, en Salie Oosthuizen (regs) wat tweede was. By hulle is Anton Kock (middel), wedstrydsekretaris. Foto: Higgo Jacobs

Deur Higgo Jacobs
Clement Rex was Saterdag met 41 punte die wenner van Oudtshoorn Gholfklub se vleisgholfdag wat reeds in Januarie begin het en in Oktober vanjaar eindig. Rex loop tans gerief-lik voor op die punteleer.

Salie Oosthuizen (39 punte) was tweede gevolg deur Ockie Horowitz en Willie Freeks, albei met 38 punte, op ’n uittel onderskeidelik derde en vierde, en Anton Kock (37) vyfde.

Llewellyn Rheeder het op die 8ste putjie die naaste aan die pen geslaan.

Die boerpot is gedeel deur Rex, Marthinus Oosthuizen, Higgo Jacobs, Deon Barnard en Chris Serfontein.

Log in with your credentials

Forgot your details?