Rex 2018 se Vleiskampioen

Clement Rex (regs) is Oudtshoorn Gholfklub se vleiskampioen vir 2018.  By hom is die klubkaptein, Paul Stroebel, wat die eindronde van die vleisdagreeks gewen het.  Foto:  Higgo Jacobs

Deur Higgo Jacobs
Clement Rex is Saterdagaand as die Oudtshoorn Gholfklub se vleiskampioen vir 2018 gekroon toe hy ná elf maande bo-aan die punteleer geëindig het in die gewilde vleisdagreeks.

Hierdie gholfreeks het reeds in Januarie begin en was volgens die klubkaptein, Paul Stroebel, een van die gewildste maandelikse gholfdae van die klub.

In Saterdag se eindronde kon slegs spelers met meer as 200 punte kwalifiseer vir nog vleispryse. Stroebel was hier die wenner met 41 punte, gevolg deur Rex met 39 punte. Pieter Strauss en Niel Truter, albei met 36, was op ’n uittel derde en vierde.

Anneline Badenhorst het die gewone klubdag met ’n telling van 37 punte gewen.

Salie Oosthuizen en ­Jurgens Burger was op ’n uittel tweede en derde met 35 punte elk.

Gideon Badenhorst het op die 12de putjie die naaste aan die pen geslaan en ook die balletjie hier vir ’n spog-twee ingerol.

Log in with your credentials

Forgot your details?