Ray en Terrance wen

Ray Mitchell (naaslinks) en Terrence Raath (naasregs) was die wenners van die Besigheids-kamer se geborgde gholfdag. Gideon Badenhorst van die Besigheidskamer staan in die middel en die klubkaptein, Paul Stroebel, links. Danie van der Berg van Van der Berg Vervoer en Volmoed Quarries (regs) was die hoofborg van die dag. Foto: Higgo Jacobs

Deur Higgo Jacobs
DIE Oudtshoorn Besigheidskamer se maandelikse geborgde gholfdag op Woensdag, 3 April, op die plaaslike baan is gewen deur Ray Mitchell en Terrence Raath met ’n telling van 49 punte.

Ockie Horowitz en George Fourie was tweede met 46 punte, gevolg deur Chris Odendaal en Morné Tome met 45 punte in die derde plek.

JA George en André Plaatjies was vierde met 45 punte en Etienne Roos en Barries Griebenouw vyfde met 44 punte.

Odendaal het op die 3de putjie die naaste aan die pen geslaan en Francois Beets op die 15de.
Verskeie spogtwees is geslaan: Odendaal op die 3de, Jakobus Arries, Pieter Strauss, AO Theunissen op die 12de en Roos op die 15de.

Altesame sestig spelers het aan die baie geslaagde gholfdag deelgeneem.

Log in with your credentials

Forgot your details?