Prestasies in swembad

Jada Coetzee

Anlize Vermeulen

Twee swemmers van Oudtshoorn, Jada Coetzee en Anlize Vermeulen, het die afgelope skoolvakansie op nasionale en provinsiale vlak presteer en verskeie medaljes huis toe gebring.

Jada het as lid van die Wes-Kaapse Skolespan in Desember aan die Suid-Afrikaanse Skolekampioenskap by Ellispark ’n vyfde plek in die eind-stryd van die 100 meter vryslag gewen. Sy het as deel van Wes-Kaapse aflosspanne ook ’n goue, ’n silwer, en ’n brons medalje in verskillende items gewen.

Jada het ook in Januarie as lid van die Eden-swemspan aan die interdistriktebyeenkoms in Oos-Londen silwer in die 50 m-vlinderslag, silwer in die individuele 200 m-aflos, brons in die 100 m-vryslag en brons in die 50m-vryslag ingepalm.

Anlize, wat as kaptein van die Eden-swemspan aangewys is, het by die dieselfde interdistriktebyeenkoms ’n brons medalje in die 100 m-bors-slag gewen.

Albei swemmers is tans hard besig met voorbereiding vir deelname aan Swem Suid-Afrika se nasionale byeenkoms in Maart en het hul oog op verskeie medaljes.

Jada en Anlize is lede van die Freda Barnard-swemskool en word deur Delia van Biljon afgerig.

Log in with your credentials

Forgot your details?