Plaatjies laat waai

Ettiene Plaatjies wat Saterdag tweede in die Kango Marathon was.     Foto: Higgo Jacobs

Ettiene Plaatjies wat Saterdag tweede in die Kango Marathon was. Foto: Higgo Jacobs

Deur Higgo Jacobs
DIE bekende langasem van Oudts-hoorn, Ettiene Plaatjies, het ons dorp se naam hoog gehou by die Infante­rieskool Kango Marathon wat Saterdag plaasgevind het.

Plaatjies, ’n toegangsbeheerbe-ampte by Watson & Brink Apteek, was tweede in ’n tyd van 02:31:59.

Die marathon, wat by die Kango Grotte begin het en 42,2 km verder by die Infanterieskool in Parkweg geëindig het, is gewen deur Admire Rushika van K-way VOB- atletiek-klub in ’n tyd van 02:27:17.

Nog ’n atleet van Oudtshoorn, John April, het onder die eerste tien atlete geëindig in 02:46:49.

Sowat 1100 atlete het in koel, bewolkte weer om 06:00 vir die mara- thon weggespring. ’n Verdere sowat 500 atlete het deelgeneem aan die halfmarathon (21,1 km) wat by die Ou Tol begin het en ook op die Infanterieskool se sportgronde geëindig.

Lloyd Bosman van Nedbank Atletiekklub het die halfmarathon in 01:08:37 voltooi. Hy het in 2015 ’n rekord van 01:04:14 in hierdie wedloop opgestel. Goodwin Heyns, ook van die Nedbank Atletiekklub, was tweede in 01:10:22.

Die eerste vrou oor die wenstreep was Melissa van Rensburg. Haar wentyd was 01:24:40.

Salman Booi, ook van Nedbank, het die veterane-afdeling 40-49 in die halfmarathon in 1:16:28 gewen.

Log in with your credentials

Forgot your details?