Pieter wen houespel

Pieter du Plessis (middel) wat die algehele wenner van die houespel was. Anton Kock (regs) het afd A gewen en Paul Stroebel (links) afd C. Foto: Higgo Jacobs

Deur Higgo Jacobs
DIE algehele wenner van die Oudts­hoorn Gholfklub se maandelikse houespel Saterdag was Pieter du Plessis met ’n netto-telling van 76 houe.

Anton Kock het afd A met 71 houe gewen, Chris Odendaal was tweede met 75 houe en Hannes Oosthuizen derde met 78 houe.

Du Plessis (67) het afd B gewen met Pieter Strauss (71) tweede en Terry van Coller (73) derde.
Paul Stroebel was met 72 houe die wenner van afd C, met Jurgens Burger (77) in die tweede plek en Deon van Dyk, ook met 77 houe, derde.

Chloé Malgas-Kelpin het die vroue-afdeling met 79 houe gewen en ook ’n spogtwee geslaan.

Nog spogtwees is deur Oosthuizen en Stroebel geslaan.

Die boerpot is deur Stroebel en Strauss gedeel.

Log in with your credentials

Forgot your details?