Perde hol dat die stof so staan!

Menita Renison jaag Saterdag tydens die Erasa De Zeekoe-perde-uithouritbyeenkoms op die Arabierperd Kanna Shalom dat die stof so staan. Sy het aan die 85 km-rit deelgeneem en dit in 3 uur 58 min voltooi. Altesame 84 ruiters van heinde en ver, heelparty meer as wat vir die byeenkoms verwag is, het aan die uithouritte, wat almal by die Kansa Krale buite Oudtshoorn begin en geëindig het, deelgeneem. Die Erasa De Zeekoe-uithouritte het vanjaar die sewende keer plaasgevind en is deur Contant de Waal, De Villiers Viljoen en Dr Fanus Cilliers gereël. Hulle het die reëlings oorgeneem by Nico de Bois wat in Augustus 2017 in ’n padongeluk gesterf het. Foto: Angelique Erasmus

Log in with your credentials

Forgot your details?