Paul wen vleisdag

Paul Stroebel (regs) met die pak vleis wat hy Saterdag tydens die vleisgholfdag gewen het. By hom is Gideon Badenhorst, klubkaptein van die Oudtshoorn Gholfklub.      Foto: Higgo Jacobs

Paul Stroebel (regs) met die pak vleis wat hy Saterdag tydens die vleisgholfdag gewen het. By hom is Gideon Badenhorst, klubkaptein van die Oudtshoorn Gholfklub. Foto: Higgo Jacobs

Deur Higgo Jacobs
Paul Stroebel het Saterdag met ’n telling van 41 punte die Oudtshoorn Gholfklub se maandelikse vleisdag gewen.

Hy het ook die boerpot met William Malgas ge-deel. Anneline Badenhorst, Ian Laubscher en Magda Ferreira, aldrie met 39 punte, was op ’n uittel onderskeidelik tweede, derde en vierde. Hein Victor was vyfde met 38 punte.

Willem Burger was op die 12de naaste aan die pen.
• Etienne Roos (39 punte) het Woensdag, 27 September, se individuele stableford gewen. Francois

Verwey en Frans Celliers, albei met 37, was op ’n uittel tweede derde, gevolg deur Louis Slabbert (36) en Fanie Greeff (35) vyfde.

AO Theunissen het die boerpot gewen en Gi-deon Badenhorst was op die 8ste putjie naaste aan die pen.

Log in with your credentials

Forgot your details?