Patrick en Bernice hardloop voor

Deur Garnett Wicomb
Patrick Peters en Bernice van der Merwe was Saterdag onderskeidelik die eerste man en vrou by die eindstreep in die 183ste Oudtshoorn Parkrun by die Surval Olyflandgoed. Altesame 81 draw­wers en stappers het Saterdag deelgeneem.

Thys Jamneck, wat Peters tot kort voor die einde nog opgedreun het, was tweede.

Melvin Lukas was saam met Newald Groenewald, wat aan sy 181ste Parkrun deelgeneem het, derde met die veteraan Henry Carstens vierde.

Arrie van der Merwe (11) was in 32 minute die eerste junior.

• Die Parkrun vind elke Saterdagoggend by Surval plaas en deelname is gratis. Oud en jonk is welkom om te kom deelneem. Dit begin om 07:00.

Log in with your credentials

Forgot your details?