Parkrun: Viljoen weer 1ste

Deur Garnett Wicomb
Markus Viljoen was Saterdag weer die vinnigste van die 86 deelnemers aan die 229ste Oudtshoorn Parkrun in ’n goeie tyd van 19 min 44 sek met nog ’n junior Jared Jordaan tweede in 19:50.
Yaron Venter was derde in 19:55.

Bianca van der Westhuizen was die vrouewenner en algemeen vyfde in 23 min 17 sek. Die 14-jarige Jada Coetzee (25:07) was die tweede vrou en Tarren Jullies (27:28) die derde vrou.

Ander Parkrunners wat goeie tye gehardloop het, is Sphiwe Nzuza (23:12), Newald Groenewald (23:17), Francois Verwey (23:44), Jarred Coetzee (24:00), Hans Lareman (25:03), Luthando Nzuza (25: 22), Ben van Rensburg (25:52), Bart Saaiman (27:28), Hannes Oosthuizen (28:15), Kerneels Bernardo (28:19), Laetitia Wolmarans (28;45), Ferdi Schrenck (28;48) en Conrad Jullies (28:50).

• Oudtshoorn se Johann Coetzer het Saterdag met die inwyding van Hartenbos se nuwe roete sy 200ste Parkrun voltooi.

Log in with your credentials

Forgot your details?