Parkrun lok 144 deelnemers

DIE Oudtshoorn Parkrun wat elke Saterdagoggend om 07:00 by Surval plaasvind, het die afgelope sewe weke besonder baie deelnemers gelok, sê Cisca Deck, een van die organiseerders.

Saterdag het altesame 144 mense die 5 km-roete gehardloop, gedraf of gestap. Die afgelope sewe weke het gemiddeld 128 mense deelgeneem wat heelwat meer is as voorheen.

Yaron Venter het Saterdag eerste oor die eindstreep gehardloop in ’n tyd van 19:59. Hans van der Veen (20:22) was tweede en Patrick Peters (20:49) derde.

Betsie Colyn (28:53) was die eerste vrou oor die eindstreep

Log in with your credentials

Forgot your details?