Ozzy haal nasionale SAPD-span

Sers Ozzy Horne in aksie. Foto: Deon Meyer

Deur Deon Meyer
Wanneer Ozzy Horne (43) nie misdadigers aankeer en die gemeenskap van Ladismith en omgewing help veilig hou nie, speel hy tennis.

Horne wat met sy laaste tennistoernooi die keurders so beïndruk het, is nou opgeneem in SAPD se nasionale tennisspan vir spelers bo 40!

Horne sê hy glo dat ’n gesonde liggaam ’n gesonde gees huisves en dit is sy motivering om altyd sy beste te lewer. Maar weens sy werksure kan hy net een keer per week oefen.

Horne het reeds twee silwer medaljes gewen waarop hy baie trots is.

Horne sê hy moedig graag mense aan om sport te beoefen. “Dit hou ’n mens besig en jonk,” sê Horne.
Ao Jannie Cedras en kol Jacobus Marthinus het Horne gelukgewens met sy uitsonderlike prestasie.

Log in with your credentials

Forgot your details?