Oupa en kleindogter is ’n gedugte kombinasie

Desmond Malgas en sy kleindogter Chloé wat Eljada Kairos-Skool se gholfdag gewen het. Ashwin Willemse het hul prys aan hul oorhandig.          Foto: Higgo Jacobs

Desmond Malgas en sy kleindogter Chloé wat Eljada Kairos-Skool se gholfdag gewen het. Ashwin Willemse het hul prys aan hul oorhandig. Foto: Higgo Jacobs

Ashwin Willemse saam met leerders van Eljada Kairos Skool tydens Saterdagaand se prysuitdeling in die klubhuis van Oudtshoorn se gholfklub. Willemse se passie vir leerders met gestremdheid het duidelik geblyk uit sy toespraak waarin hy die gemeenskap van Oudts-hoorn aangemoedig het om hande te vat en die skool en die leerders te ondersteun.    Foto: Higgo Jacobs

Tydens Donderdagaand, 15 Maart, se baie geslaagde manne-aand wat deur Kairos Eljada Skool gereël is, was teenwoordig van links Ashwin Willemse, Hennie Baartman (skoolhoof),   Breyton Paulse, Colin Sylvester (burgemeester) en Francois Davids (vise-president van die Suid-Afrikaanse Rugby-unie).   (Foto verskaf.)

Deur Higgo Jacobs
’N TROTSE oupa het Saterdag met sy kleindogter saamgespan om die Eljada Kairosskool se gholf-dag te wen. Desmond Malgas en die belowende Chloé Malgas-Kelpin se wentelling was 48 punte.

Altesame 86 spelers het deelgeneem.

G Janse van Rensburg en A Kotze (46) was tweede gevolg deur Piet Swanepoel en Chris Smith (45), Llewelly Rheeder en Bruce Pienaar (44) en Terry en Reinhardt van Coller (44).

Rheeder het op die 3de naaste aan die pen geslaan en Francois Pretorius op die 15de.

Hennie Baartman (skoolhoof) het almal bedank vir hul ondersteuning. Ashwin Willemse, gewese Springbokvleuel, het tydens die prysuitdeling die gemeenskap van Oudtshoorn bedank wat hande vat om gestremde leerders van Kairos Eljada te help om ook ’n menswaardige bestaan te voer.

“Ons wat normaal kan funksioneer en aan sport kan deelneem, moet dit nie as vanselfsprekend aanvaar nie,” het hy gesê.

•Barries Griebenouw het Woensdag, 13 Maart, se individuele stableford met ’n telling van 42 punte gewen. Leon Gouws (42) was op ’n uittel tweede gevolg deur Gideon Badenhorst (39), Paul Stroebel (37) en Marius Wilken (37).

Wilken het ook die boerpot gewen en op die 8ste naaste aan die pen geslaan. Spogtwees is deur Dawid Greeff en Dwayne Venter op die 12de behaal en deur Griebenouw op die 3de.

Log in with your credentials

Forgot your details?