Oudtshoornryers vaar goed by 36ONE

Oudtshoorniete wat die Vrydag en Saterdag aan die 360NE Bergfietsuitdaagren oor 361 km deelgeneem het, is agter van links Anru de Wet, André Pretorius, Braam Wannenburg, Yolande de Villiers, Hugo de Wit, Peter Liebenberg, Sonica Lareman, Loderia Viljoen en Johan Griffioen, en voor van links Mario McCloud, Errol Pretorius en Willem Serfontein. Hugo du Plessis, Louis Lategan, Louis de Wet en Brian Lennox, almal ook Oudtshoorniete was afwesig met die neem van die foto. Foto: Ben du Preez

Deur Ben du Preez
DIE Nederlander Ramses Bekkenk het Saterdag die uitmergelende 36ONE Berg-fietsuitdaagren oor ’n afstand van 361 km gewen in 13 uur 59 min en 55 sek.

Met dié tyd het hy die rekord, wat deur sy landgenoot en spanmaat Jean Biermans in 2015 opgestel is, met digby drie minute verbeter. Sy gemiddelde snelheid was 23,7 km/h.

Jaennie Dreyer het die vroueafdeling in 16:59:28 gewen. Haar gemiddelde snelheid was 17,2 km/h. Die wedren het Vrydag om 18:00 op Kleinplaas begin. Die laaste ryers het Sondag om 02:45, ná 32 uur en 45 minute in die saal, by die eindstreep, ook by Kleinplaas, aangekom.

Meer as 900 fietsryers van regoor die land het aan die wedren deelgeneem.

Sestien ryers van Oudtshoorn het deelgeneem. Agt van hulle was in hul onderskeie afdelings op die wennerspodium.

Peter Liebenberg en Willem Serfontein, van die tweemanspan Klein Karoo Cycle Addicts, was tweede in 17:08:04. (Elkeen het 180,5km gery.) In die viermanaflos (90,25 km per ryer) was die Klein Karoo Toyota-span bestaande uit Braam Wannenburg, Hugo de Wit, Jaco van Molendorf en Louis de Wet, tweede in 18:36:07.

Yolande de Villiers van Oudtshoorn was saam met Gerrie Beukes, Jan-Paul Gerber en Neill Ungerer (The Kinky Wizards), al drie met ­Oudtshoorn-bande, in 13:20:03 eerste in hul afdeling. Mario McCloud van Oudtshoorn was saam met sy spanmaats, Cavert Barkhuizen, Elrico Klue en Frikkie Jonck (Awesome Foursome) derde in 18:48:37.

Errol Pretorius was die eerste soloryer van Oudtshoorn oor die wenstreep in 17:41:57. Hy was algeheel 34ste.

Be the first to comment on "Oudtshoornryers vaar goed by 36ONE"

Leave a comment

Your email address will not be published.

*