Oudtshoorniete jaag voor in Herald-ren

Willem Serfontein (voor) saam met Immanuel Becker op hul tandem waarmee hulle hul afdeling gewen het.

Yolandé de Villiers ry oor die wenstreep in die 80 km bergfietsren

Deur Christine Schoeman
VERSKEIE fietsryers van Oudtshoorn het die afgelope naweek uitgeblink by die padfietsafdeling van die

Herald Continental Padfietsren wat in Port Elizabeth begin en gëeindig het.

Die padfietsren het twee afdelings, een oor 55 km en een oor 106 km gehad. Die Herald het die vorige naweek ook ’n berg­fiets­afdeling gehad oor onder meer 80 km.

Yolandé de Villiers van Oudtshoorn het Sondag, 17 Februarie, die 80km-bergfietsren gewen en die Sondag daarna die derde plek in die Elite-vroue-afdeling behaal in die 106 km-ren in 03:10. Aangesien haar gekombineerde tyd oor die twee renne die vinnigste was, het sy ook die Ultimate Quest-afde­ling gewen.

Oudtshoorniete wat Sondag in die 106km pad-ren presteer het, is Willem Serfontein en Immanuel Becker wat die tandemafdeling in 02:38 gewen het, en Benino Hans (02:38) wat die tweede junior man oor die wenstreep was.

In die 55km-ren was Charlissa Schultz (01:37) die algehele vrouewenner asook die eerste junior vrou oor die eindstreep.

Corné Serfontein (02:06) was in die 55 km-ren vierde in die veteraanafdeling (50-59 jr).

• Twee Oudtshoorniete het Saterdag aan die Oubos Bergfietsren oor 25 km by George deelgeneem. Hulle is Elzaan van Blerk wat derde was en Louis Venter wat tweede was. Dié ren vorm deel van die 2019 Eden XCM-reeks.

Log in with your credentials

Forgot your details?