Oudtshoorn vereer top sportpresteerders!

Colan Sylvester (middel), burgemeester van die Groter Oudtshoorn, saam met 2018 se Senior Sportman van die Jaar, en Senior Sportvrou van die Jaar, JD Glinister enYolande de Villiers. Die jaarlikse Oudtshoorn Sporttoekennings het verlede Donderdagaand in die Banketsaal van die Oudtshoorn Burgersentrum tydens ’n glansryke onthaal plaasgevind.  Foto: Schalk le Roux

Deur Liesel le Roux
DIE Presher-egpaar van Oudtshoorn, Ronald en Megan, het Donderdagaand geskiedenis ge-maak toe hulle albei as afrigters van die jaar én die spanne wat hulle afrig as sportspanne van die jaar aangewys is by die Groter Oudtshoorn Sporttoekennings.

Ronald Presher, die afrigter van die Laerskool Van Reede- en die Protea-trompoppies, is aan-gewys as die Laerskole-afrigter van die Jaar, en die Van Reede-trompoppies die Laerskole-sportspan van die Jaar. Presher is die eerste afrigter in die streek wat Protea-kleure verwerf en sy span was vanjaar vyfde in die small drill-afdeling by die trompoppie-wêreldkampioenskap en sewende by die SA kampioenskap.

Megan Presher, die afrigter van die Struisie-trompoppies, is aangewys as die Hoërskole-af-rigter van die Jaar, en haar span, wat aan die trompoppie-wêreldkampioenskap deelgeneem het en tiende by die nasionale kampioenskap was, as die Hoërskole-sportspan van die Jaar. Sy is ’n oud-lid en die span wat sy afrig en het op skool Protea-kleure in dié sport verwerf.

Die Groter Oudtshoorn se Sportman en Sportvrou vir 2018 is die skopbokser JD Glinister wat drie brons medaljes by die Turkse Ope Skopbokskampioenskap behaal het, en Yolandé de Villiers wat lid was van die Protea-fietsryspan wat aan die wêreldmarathon-bergfietsrykampioenskap in Italië deelgeneem het.

Ranger Grebe en die Grebe’s Kickboxing Club het die toekennings gewen vir Senior Afrigter en Senior Sportspan van die Jaar en dit ’n groot aand vir skopboks gemaak. Tien skopboksers van die klub het vanjaar gekwalifi-seer vir die Turkse Ope Skopbokskampioenskap terwyl lede van die klub vanjaar nasionale skopbokskampioene was.

Dié sportlui het inderdaad in talle afdelings stem dik gemaak by internasionale byeenkomste. Die ander presteerders was:

• GW Lund en Jacquine Strydom van Langenhoven Gimnasium is aangewys as die Junior Sportman en Sportvrou vir 2018. GW was lid van ’n junior Protea-gimkanaspan, terwyl Jacquine ’n goud by die Turkse Ope Skopbokskampioenskap gewen het.

• Jada Coetzee van Laerskool Van Reede en Kobus Geyser van Laerskool Wesbank is die Laerskolesportvrou en Laerskolesportman van 2018. Die veelsydige Jada spog met silwer en brons medaljes by die SA Vlak-3-swemgala en ’n goue medalje by die Eden Biathlon Kampioenskap, sy was lid van die Protea-trompoppiespan en van die Van Reede-trompoppie-span wat aan die wêreldkampioenskap deelgeneem het, en was ook lid van die SWD-atletiek-span en die SWD-hokkiespan. Kobus was lid van die SA Skaakfederasiespan wat aan die Statebondspele deelgeneem het en was derde by die SA Skaakkampioenskap.

• Benino Hans en Lynique Blaauw, albei van Bridgton Senior Sekondêr is gekies as die Hoërskole-sportman en Hoër-skolesportvrou vir 2018. Benino het ’n silwer medalje by die SA Pad- en Tydtoetskampioenskap losgery, asook twee goue, drie silwer en ’n brons medalje by die SA Baanfietsrykampioenskap. Lynique was lid van die nasiona-le trompoppiespan en die Bridgton Trompoppiespan wat aan die wêreld-trompoppiekampioenskap deelgeneem het.

• Gerrit Hendricks en Clarodene Hendricks is gekies as die Gestremde Sportman en -vrou vir 2018. Gerrit was derde in die 42,1 km handfietsrry by die Outeniqiua Rolstoeluitdaging en Clarodene het by die SA Sport-vereniging se All Age Games goue medaljes gewen in die 100 m, 200 m, 400 m, 4 X 100 m aflos en 4 X 200 m-aflos asook silwer in verspring.

GW Lund, wat by die Oudtshoorn Sporttoekennings verlede Donderdagaand as die Junior Sportman van die Jaar aangewys is. (Hy kon weens ander verpligtinge die aand nie die trofee persoonlik in ontvangs neem nie.)

Jacquine Strydom, Junior Sportvrou van die Jaar.

Benino Hans, Hoërskole-sportman van die Jaar.

 

Lynique Blaauw, Hoërskole- sportvrou van die Jaar.

Kobus Geyser, Laerskole-sportman van die Jaar.

Jada Coetzee, Laerskole-sportvrou van die Jaar.

Gerrit Hendricks, Top Sportman met Gestremdheid.

Clarodene Hendricks, Top Sportvrou met Gestremdheid.

Ranger Grebe wat as Senior Afrigter van die Jaar aange-wys is. ’n Span van Grebe’s Skopboks-klub is ook die Senior Span van die Jaar.

Danie Lategan ontvang ’n ererol-toekenning namens sy seun, die fietsryer Louis Lategan, wat vanjaar in ’n motorbotsing oorlede is. Louis was bekend as ’n ware ambassadeur vir fietsry. Hy het verskeie kere plaaslike fietsryers met apparaat, klere en inskrywingsgeld bygestaan.

Dirk van der Westhuizen is met ’n spesiale toekenning vereer vir sy bydrae die afgelope 26 jaar as programdirekteur van die sporttoekennings.

Mike Lombard, fietsryer en ­fietsryadministrateur, wat ’n Legende-toekenning ontvang het. Lombard wat sedert 1989 aan fietswedrenne deelneem en al aan 22 agtereenvolgende Argus/Kaapstad-fietstoere deelgeneem het, het Suid-Afrika in 2016 by die Wêreldfietsrykampioenskap verteenwoordig.

Kelly May wat die prys vir Hoërskolesportspan van die Jaar namens die Struisie-trompoppies ontvang het.

Andrea Boonzaaier wat die prys vir Laerskolesportspan van die Jaar namens die Laerskool Van Reede-trompoppies, ontvang het.

Megan Presher, Hoërskole-afrigter van die Jaar.

Ronald Presher, Laerskole-afrigter van die Jaar.

Die burgemeester, Colan Sylvester, het spesiale toekennings oorhandig aan (van links) Josh Malgas, Gabriël Malgas en Sergio Arries, wat onderskeidelik derde, tweede en eerste by die Burgemeestersgholfdag was. ’n Spesiale toekenning het ook aan André van Greunen gegaan vir sy jarelange bydraes, borgskappe en steun vir plaaslike sport.

Hilton Adonis, bestuurder: ontwikkelingsafrigting van SA Rugby, wat as gasspreker by die Oudtshoorn Sporttoekennings opgetree het.

Log in with your credentials

Forgot your details?