Oudtshoorn Spar Tops Gholfdag

Petra Pretorius (foto bo) van Oudtshoorn Spar ontvang ’n bos blomme van Petro Stroebel namens die Oudtshoorn Gholfklub.

SEDERT die Oudtshoorn Spar Gholfdag die eerste keer in 2017 plaasgevind het, het dit die gewildste gholfdag op die Oudtshoorn Gholf­klub se kalender van die jaar geword.

Benewens die gewildheid van die gholfdag wat 208 spelers gelok het – die meeste nog by ’n gholf­dag – gaan dit ook jaarliks gepaard met ’n stewige en waardevolle finansiële inspuiting vir die klub.

Paul Stroebel, klubkap­tein, het Skillie Pretorius, eienaar van Oudtshoorn Spar, van harte bedank vir sy ondersteuning.

“Bydraes soos dié stel ons daartoe in staat om verbeterings by die klub aan te bring soos die aan­koop van ons nuwe setperkmasjien en die bou van die afdak by die klub,” het hy gesê.

Op sy beurt het Pretorius gesê hy het eers relatief laat in sy lewe begin gholf speel. “Gholf het so baie vir my persoonlike lewe en verhoudinge beteken dat ek besluit het om iets terug te ploeg in ons gholfklub,” het hy gesê.

Log in with your credentials

Forgot your details?