Oudtshoorn-spanne blink uit in Eden-liga

Sowat 110 spelers van Eden-rolbal het Saterdag op Oudtshoorn se bane sake uitgespook. Foto: Ebenezer Titus

Alewyn Hankom, lid van Oudtshoorn se derde ligaspan Saterdag op Oudtshoorn in aksie.
Foto: Higgo Jacobs

Deur Higgo Jacobs
DIE Oudtshoorn Rolbalklub se twee vroue- en vyf mansspanne wat vandeesmaand aan Eden Rolbal se onderskeie ligas deelgeneem het, het goed rekenskap van hulself gegee.

Die liga, waaraan altesame sowat 350 spelers vanoor die hele Eden-gebied deelgeneem het, het Saterdag geëindig. Van die dag se wedstryde is by die Oudtshoorn Rolbalklub beslis met 110 spelers wat hier gespeel het.

Die twee plaaslike vrouespanne wat aan die tweede liga deelgeneem het, is die wenners en naaswenners van dié liga.

Die wenspan skuif nou op na die eerste liga.

Oudtshoorn se mansspan wat aan die Premierliga deelgeneem het, het die derde plek uit tien spanne behaal. Dié liga is deur Outeniqua Rolbal-klub gewen met George Rolbalklub in die tweede plek.
Oudtshoorn se twee mansspanne wat aan die tweede liga deelgeneem het, het onderskeidelik tweede en derde geëindig. Dié liga is ook deur Outeniqua Rolbalklub gewen.

Oudtshoorn het ook twee mans-spanne in die derde liga gehad wat die tweede en vyfde geëindig het. Die liga is deur Hartenbos gewen.

• Dis was Saterdag duidelik dat die droogte en versengende hitte ook sy tol by die Oudtshoornbane begin eis met droë, kaal kolle op die bane sigbaar.

Log in with your credentials

Forgot your details?