Oudtshoorn-span wen Charles Milner-medalje

Oudtshoorn-span wen Charles Milner-medalje

TWAALF fietsryeres van Oudts-hoorn het Saterdag, soos verlede jaar, die Charles Milner-medalje losgery toe hulle die Coronation Double Century oor 202 km by Swellendam saam klaargemaak het.

Die span het almal roubande om hul arms gedra om hulde te bring aan Louis Lategan, wat verlede jaar ’n spanlid was en vroeër vanjaar in ’n motorbotsing oorlede is. Die span het die wedren in 07:16:14 voltooi, slegs drie minute stadiger as verlede jaar.

Dit was ’n moeilike dag vir die span, met ’n ketting wat gebreek het en vier pap wiele, maar om as span klaar te kon maak en die medalje te ontvang, was ’n hoogtepunt, sê Louis Visser, een van die spanlede.

Die medalje vier spangees en word toegeken aan spanne wat die wedren saam voltooi.

Log in with your credentials

Forgot your details?