Oudtshoorn Rolbalklub se mansspan wen jaarlikse toernooi op Beaufort-Wes

’n Mansspan van die Oudtshoorn Rolbal­klub bestaande uit Johan Fernhout (links), skipper, Gellie Geldenhuys (naaslinks) en Hennie van Greunen regs, het Saterdag die mansafdeling van die jaarlikse Lise de Villiers Trips-toernooi op Beaufort-Wes gewen. Mariette de Villiers (naasregs) het die trofee aan hulle oorhandig. Elke spanlid het ook ’n lam as prys ontvang.

Log in with your credentials

Forgot your details?