Oudtshoorn rolbalklub hou Liquor City Pretdag

Die wenners van die Liquor City Pretdag wat Saterdag by die Oudtshoorn Rolbal­klub gehou is, was van links Johan Fernhout (skipper), Charlotte Fernhout en Willem Rooi. By hulle is Poffer Ungerer van Liquor City. Veertien spanne, saamgestel deur klublede, het aan die toernooi deelgeneem.

Die jongste speler wat aan die pretdag deelgeneem het, is Nankia Pietersen (11) van die Laerskool Laurus. Dit was dié jong speler se eerste toer­nooi. In die eerste wedstryd van die dag het haar span teen haar oupa, Chris Pietersen, se span gespeel. Nankia se span het die tweede plek in die toernooi behaal. (Foto verskaf.)

Log in with your credentials

Forgot your details?