Oudtshoorn Muurbalklub se Lenteligawenners

Die span van Total Oudtshoorn het vanjaar die Oudtshoorn Muurbalklub se lenteliga, een van vier sosiale ligas gedurende die jaar, gewen. Die lede van die wenspan is van links Antoine du Preez, Pieter Grimbeeck, Freek de Lange, Fanie le Roux en Matthew Sheppard.
Die spanne van Du Plessis Motors en CP Nel Isuzu was in die tweede en derde plek. Belangstellendes word genooi om by die klub aan te sluit. Navrae kan aan Fanie le Roux, klubvoorsitter, gerig word by 082 573 1578.

Log in with your credentials

Forgot your details?