Oudtshoorn Junior Muurbalklub neem deel aan eerste Junior Bells-toernooi

Op Woensdag 1 Mei het die Oudtshoorn Junior Muurbalklub aan hul eerste Junior Bells-toernooi deelgeneem voor ’n pawiljoen gepak met spelers, ouers en grootouers wat die 18 jong spelers kom ondersteun het. Die spel begin en eindig met ’n klok wat lui. Spelers het agt minute gehad om so veel as moontlik punte aan te teken. Op die foto bo is die wenners van Afdeling A, Ruben van der Poel (1ste), Joshua Arndt (2de) en Hendre Alberts (3de). Op die foto onder is die wenners van Afdeling B, Edrich Stevens (1ste) en Jayden du Plessis (2de) met Abrie Espach (3de) wat afwesig was. By hulle is hul afrigter, Charlotte Bothma. Foto verskaf