Oud-Gimmie gekies vir OP Kings uit teen Stormers

Johan Steyn, hoofseun van Langenhoven Gimnasium in 2013 en kaptein van die Gimmies se eerste rugbyspan daardie jaar, speel vanmiddag (Saterdag, 11 Maart) vir die eerste keer vir die OP Kings in 'n Superrugbywedstryd teen die Stormers.

Johan Steyn, hoofseun van Langenhoven Gimnasium in 2013 en onder-kaptein van die Gimmies se eerste rugbyspan daardie jaar, is vir die eerste keer vir die OP Kings gekies vir die span se Superrugbywedstryd vanmiddag (11 Maart) teen die Stormers. Hy is op die plaasvervangerbank gekies vir die wedstryd. Steyn, wat deur die Kings by die SWD Eagles geleen is, speel skrumskakel. (Johan was op skool ook twee jaar kaptein van die SWD Akademiespan.)

Be the first to comment on "Oud-Gimmie gekies vir OP Kings uit teen Stormers"

Leave a comment

Your email address will not be published.


*