Ockie, Marthinus wen Rotariërdag

Die wenners van die Oudtshoorn Rotariër Gholfdag wat Vrydag by die Oudtshoorn Gholfklub plaasgevind het, was Marthinus Oosthuizen (naaslinks) en Ockie Horowitz (derde van regs). Saam met hulle is Philip Goets (links) en André van Greunen (derde van links) van die Rotari­ërs Oudtshoorn wat die hooforganiseerders van die gholfdag was. Naasregs Schalk le Roux, president van die plaaslike Rotariërs, en Paul Stroebel, klubkaptein van die gholfklub.

Die naaswenners van die Oudtshoorn Rotariërs se jaarlikse gholfdag is Gary Hutchings (links) en Coenie Coetzee (naaslinks). Regs is Mario Marais wat saam met Cecil Badenhorst derde was.

Deur Higgo Jacobs
DIE Oudtshoorn Rotariër Gholfdag wat Vrydag (1 November) op die Oudtshoorn Gholfbaan plaasgevind het, is gewen deur Ockie Horowitz en Marthinus Oosthuizen met ’n telling van 48 punte.

Altesame agttien spanne van vier elk het vir die gholfdag ingeskryf. Die formaat was ’n vier-bal- beter-bal-stableford.
Coenie Coetzee en Gary Hutchings was met 47 punte die naaswenners gevolg deur Cecil Badenhorst en

Mario Marais met 46 punte. Fanie Fourie en Morné Tome, en Fanie Greeff en Hannes Smal was op ’n uittel van 45 punte vierde en vyfde.

Skillie Pretorius het op die 3de putjie die naaste aan die pen geslaan, Deon van Dyk op die 8ste, George Fourie op die 12de en Pieter Strauss op die 15de.

Schalk le Roux, president van die Oudtshoorn Rotariër, het al die spelers wat deelgeneem het, asook al die borge bedank vir hul ondersteuning. “Die opbrengs word vir dienslewering aan behoef-tiges in ons gemeenskap aangewend,” het hy gesê.

Log in with your credentials

Forgot your details?