Newald eerste hier wat spog met 200 Parkruns

200ste Parkrun voltooi!
Newald Groenewald wat Saterdag sy 200ste Parkrun voltooi het. Foto: Garnett Wicomb

Deur Garnett Wicomb
NEWALD Groenewald het Saterdag die eerste Oudtshoorniet geword wat 200 Parkruns voltooi het.

Hy was op 15 April 2015 een van ’n handjievol plaaslike drawwers en stappers wat aan die eerste Oudtshoorn Parkrun by die Surval Olyflandgoed deelgeneem het. Hy het altesame 188 hier voltooi en die res by ander Parkruns in die land.

Booi Salman was Saterdag die eerste atleet oor die eindstreep in 17 min 20 sek. Hy het sy vinnigste tyd van 16:46 in 2017 gehardloop.

Die 16-jarige Jared Jordaan (16) was tweede in 19:16 met die veteraan Hans van der Veen kort op sy hakke in 19:27. Bianca van der Westhuizen was weer die vinnigste vrou in 24:40 sek.

Saterdag se ander voorste drawwers, met hul tye in hakies, is Greens Groenewald (20:49), Patrick Peters (21:24), Francois Goosen (22:38), Francois Verwey (23:12), Henry Carstens (23:44), Hans Lareman (24:05), Ulirich Swart (24:37), Newald Groenewald (25:05), Arjen Erasmus (25:23), Louis Hoffman (25:25), Christo Theart (26:17), Michiel Heroldt (26:53), Marinda Steyn (27:33), Amanda van Zyl (27:33) en Anton Kock (27:49).

Log in with your credentials

Forgot your details?