Naweek se tweekamp grootste nog

Talle rekords spat tydens tweekampaksie.  Swemfoto’s: Ebenezer Titus

Meer as 600 atlete van sewe pro-vinsies het Saterdag aan die Highgate Groter Oudtshoorn Interprovinsiale Tweekampbyeenkoms in die De Ja-gerstadion deelgeneem.

Volgens Dave van der Walt van Eden Tweekamp kon nie eens die onverwagte donderstorm die gees demp nie. Drie Suid-Afrikaanse re-kords, nege byeenkoms- en vier pro-vinsiale rekords het in die slag gebly.

Eden Tweekamp het puik gevaar deur agt medaljes (2 goud, 5 silwer en 1 brons) in te palm.

Die medaljewenners is:
• Hannah de Necker – brons;
• Andre Kleynhans – silwer. Hy verbeter SA en provinsiale rekords;
• Anlize Vermeulen – silwer;
• Pieter van der Mescht – goud. Hy verbeter provinsiale rekords;
• Walter Lutsch – silwer;
• Denise de Jongh – silwer;
• Cliff Wallace – silwer;
• Johan Windt – goud;

Windt van die Edenspan het ’n nu-we SA rekord vir Meestermans opge-stel en is ook as die Senior Victor Ludorem van die byeenkoms aangewys.

Die ander toppryse het gegaan aan Tatiana Thomatos (WP) – Junior Victrix; Francois Malherbe (Boland) – Junior Victor; en Liezel Wessels (Bo-land) – Senior Victrix.

WP het weer die spankompetisie gewen met Boland tweede, Eden derde en OP vierde. Die Hoërskool Stellenberg het die hoërskole-kompetisie gewen en die Laerskool Durbanville die laerskolekompetisie.

Log in with your credentials

Forgot your details?