Nasionale SANW-vlugbaltoernooi in De Jagers

Aksie tydens die SANW-vlugbaltoernooi in die De Jager Sportkompleks tussen die wedstryd Dinsdag tussen die senior mans-spanne van die Westelike Provinsie en Limpopo. WP het met 2-0 (25-13 en 25-23) gewen. Foto: Ebenezer Titus

Deur Wyndham Ewerts
DIE Suid-Afrikaanse Weermag se jaarlikse nasio-nale vlugbaltoernooi vind vandeesweek op Oudts-hoorn in die De Jagerssportkompleks plaas.

Altesaam agt spanne (provinsies) van regoor die land het ingeskryf vir vanjaar se toernooi wat Maandag afgeskop het en môre (Vrydag) eindig.

Die toernooi bestaan uit twee afdelings naamlik die seniorafdeling vir mans en vroue, en die meestersafdeling vir mans van 40 jaar en ouer.

Die eindstryd van die meestersafdeling vind reeds vandag plaas en die seniorafdeling vir mans en vroue môre.

Volgens lt-kol Joao Amorim, (organiseerder), sal daar aan die einde van die toernooi ’n nasionale span gekies word wat einde

September aan internasionale wedstryde teen Lesotho, Swaziland en Botswana gaan meeding.

“Hoewel ’n groot meerderheid van die spelers vanjaar nog in ’n ontwikkelingsfase is, was die ­mededinging vir plekke in die nasionale weermagspan tot dusver straf.

Die sportmangees onder die onderskeie provinsies se spanne is baie goed en heelwat plaaslike toeskouers het ook die vlugbalwedstryde bygewoon.

Die SANW gaan aanstaande jaar sy nasionale kampioenskap in Potchefstroom aanbied, het Amorim gesê.

Log in with your credentials

Forgot your details?