Meesters­at­le­te pak mekaar in De Jagers

Deur Higgo Jacobs
DIE SWD se Meestersatletiekbyeenkoms vind Saterdag in die De Jager Sportstadion plaas. Die eer-ste item op die program wat reeds om 07:00 begin, is die 5000m stap.

Die program eindig om 15:30 met die verskeie veldnommers vir mans en vroue.

Chris van Wyk van Mosselbaai is die nuwe voorsitter in die plek van Toy Ungerer wat langer as 10 jaar in die voorsitterstoel was. Volgens haar is daar goed beplan vir Saterdag se byeenkoms en is sy vol vertroue dat alles glad sal verloop.

Soos in die verlede sal Saterdag se byeenkoms ook dien as ’n geleentheid om jong talent te identifiseer, en derhalwe is daar ook items op die program vir seuns en meisies in die ouderdomsgroepe van o.13 tot o.18.

Volgens Ungerer is SWD gevra om volgende jaar die Suid- Afrikaanse Meestsers­atletiekkam-pioenskap op Oudts­hoorn aan te bied. Dit sal volgens Ungerer gedurende die eerste naweek van Mei 2019 plaasvind.

Saterdag is die hekgeld R20 vir volwassenes en R10 vir kinders. Oudtshoorniete word genooi om atlete (oud en jonk) te kom ondersteun.