Meer as 3000 verwag by Meiringspoort!

Deur Higgo Jacobs
MEER as 3000 atlete word vanjaar verwag by die Meiringspoort Padwedlope oor 21,1 km en 12,5 km wat op Saterdag, 12 Oktober, plaasvind.

Die organiseerders waarsku dat deelnemers daarop bedag moet wees dat padwerke tussen Oudtshoorn en De Rust bykomende reistyd meebring. Beplanning is dus die wag­woord, aangesien die laaste voertuie uit De Rust na die onderskeie weg-springplekke reeds om 05:30 vertrek.

Laatkommers sal nie toegelaat word om deel te neem nie.

Die registrasieproses is dieselfde as in 2018. Registrasie kan nog Vrydag, 11 Oktober, van 11:00 tot 21:00 gedoen word en weer Sater­dagoggend van 04:30 tot 05:30.

Vervoer vir deelnemers aan die 12,5 km-wedloop vertrek van 04:45 tot 05:30 voor die NG Kerk op De Rust en vanaf die hoofstraat vir deelnemers aan die 21,1 km-wedloop.

Die wegspringtye vir die 12,5 km is 07:00 en vir die 21,1 km 07:15.

Die prysuitdeling is om 11:00 langs die kerk.

Vanjaar se basaar is volgens die organiseerders nóg groter en beter as in die verlede en besoekers word aangemoedig om vriende en familie saam te bring om die egte gasvryheid van De Rust en sy mense te ervaar.

Die basaar open reeds Vrydag om 11:00. En maak seker dat jy ’n draai maak by die gewilde vleistafel met plaaswors en karoolam.

De Rust se vroue is landwyd be­kend vir die heerlike roosterkoeke wat hulle oor die kole braai.

Verskeie strate sal vanaf die Vry-dag gesluit wees en die organiseerders maak verskoning vir die onge- rief wat dit sal meebring.

Kerkstraat sal van Schoemanstraat tot by Vredestraat van Vrydag 09:00 tot Saterdag14:00 gesluit wees.
Burgerstraat vanaf Schoemanstraat tot Vredestraat sluit van Vrydag 09:00 tot Saterdag 14:00.

Le Rouxstraat sluit Saterdag van 04:00 tot 14:00.

Vir meer inligting besoek gerus www.meiringspoort21.co.za.

Log in with your credentials

Forgot your details?